Ek het katvoet op afsprake gegaan ná die geboorte van my eersteling. Dit sluit nou nie die onafwendbare sensuele verkenning van ‘n persoon met wie ek waarskynlik nooit weer kontak sou hê, in nie. Ek praat van iemand wat jy baie aantreklik vind en ’n langdurige verhouding in die oog het. Dis ’n vreemde situasie – vir my was dit altans! Vir my was dit dusver betreklik maklik. Soos meeste manne vind jy ‘n vrou aantreklik, gaan op ‘n paar afsprake, ruil liggaamsvloeistowwe uit op welke wyse ookal, en dan kom die ware heer en dame na vore en voila – die verhouding is verby óf die prelude tot iets wonderlik. Na Hannah se geboorte het ek met nuwe oë na potensiële afsprake gekyk. Wat sou my dogters van haar dink? Kinders word mos met intense intuïsie gebore en onderskei tussen goed en kwaad bloot deur in dieselfde vertrek te verkeer. Soos hulle ouer word, tel hierdie innerlike leiding minder, óf hulle ag dit van minder waarde. Ongeveer twee jaar na Hannah se geboorte, het ek juis ernstig besin oor ‘n verhouding met ‘n dame. Totdat ek Hannah se intuïtiewe aanvoeling terdeë besef het! Hannah was te bly om met die bure se vierjarige dogtertjie maats te maak en heerlik buite te speel. Na ’n wyle hoor ek Hannah gil. Ek storm buite toe om haar te sien op ‘n man skree wat haar probeer ophelp het nadat sy skynbaar gestruikel en geval het. Ek het dit baie bisar gevind, want dit was immers haar nuwe maatjie se pappa! Hy het aangenaam voorgekom. Hannah het onophoudelik soos ‘n maervark geskreeu (eienaardig vir haar) en wou nie naby aan hom gaan nie totdat ek haar opgetel het. ’n Paar weke later moes ek ontdek dat die man by etlike geweldadige kriminele aktiwiteite betrokke was! ’n Paar maande later het sy vrou hom verlaat as gevolg van ’n verhouding tussen hom en haar beste vriendin! Skielik het Hannah se gilreaksie sin gemaak. Sy het baie goed klaargekom met my nuwe vriendin, en ons het lekker saam baljaar. Serdertdien is ek baie waaksaam en bewus van Hannah se reaksie in die teenwoordigheid van volwassenes, mans én vroue. Sy sal óf voortstorm en in iemand se arms spring, óf net diskreet en hoflik groet en pad vat! Haar reaksie het my besluite deurspek en was in 95% gevalle in die kol! Alhoewel ek haar grootword besef, word haar optrede slim verweef met haar eie agenda. Terwyl hulle tweejaar oud is, kan hulle nog nie giftige geite bykry nie! Maddison is maklik. Sy ignoreer jou bloot soos uitwerpsel as sy nie van jou hou nie. Dit bly ’n skaamsaak as ek haar moet teregwys om te groet, en sy brutaal antwoord: Ek wil nie Pa” en aanloop! So? Is jy al ingestem op jou kind se intuïsie? 2 Comments |

RSS Feed