Ek het katvoet op afsprake gegaan ná die geboorte van my eersteling. Dit sluit nou nie die onafwendbare sensuele verkenning van ‘n persoon met wie ek waarskynlik nooit weer kontak sou hê, in nie. Ek praat van iemand wat jy baie aantreklik vind en ’n langdurige verhouding in die oog het. Dis ’n vreemde situasie – vir my was dit altans! Vir my was dit dusver betreklik maklik. Soos meeste manne vind jy ‘n vrou aantreklik, gaan op ‘n paar afsprake, ruil liggaamsvloeistowwe uit op welke wyse ookal, en dan kom die ware heer en dame na vore en voila – die verhouding is verby óf die prelude tot iets wonderlik.

Na Hannah se geboorte het ek met nuwe oë na potensiële afsprake gekyk.
Wat sou my dogters van haar dink? Kinders word mos met intense intuïsie gebore en onderskei tussen goed en kwaad bloot deur in dieselfde vertrek te verkeer. Soos hulle ouer word, tel hierdie innerlike leiding minder, óf hulle ag dit van minder waarde. Ongeveer twee jaar na Hannah se geboorte, het ek juis ernstig besin oor ‘n verhouding met ‘n dame. Totdat ek Hannah se intuïtiewe aanvoeling terdeë besef het! Hannah was te bly om met die bure se vierjarige dogtertjie maats te maak en heerlik buite te speel.

Na ’n wyle hoor ek Hannah gil. Ek storm buite toe om haar te sien op ‘n man skree wat haar probeer ophelp het nadat sy skynbaar gestruikel en geval het. Ek het dit baie bisar gevind, want dit was immers haar nuwe maatjie se pappa!
Hy het aangenaam voorgekom. Hannah het onophoudelik soos ‘n maervark geskreeu (eienaardig vir haar) en wou nie naby aan hom gaan nie totdat ek haar opgetel het. ’n Paar weke later moes ek ontdek dat die man by etlike geweldadige kriminele aktiwiteite betrokke was! ’n Paar maande later het sy vrou hom verlaat as gevolg van ’n verhouding tussen hom en haar beste vriendin! Skielik het Hannah se gilreaksie sin gemaak. Sy het baie goed klaargekom met my nuwe vriendin, en ons het lekker saam baljaar.

Serdertdien is ek baie waaksaam en bewus van Hannah se reaksie in die teenwoordigheid van volwassenes, mans én vroue. Sy sal óf voortstorm en in iemand se arms spring, óf net diskreet en hoflik groet en pad vat! Haar reaksie het my besluite deurspek en was in 95% gevalle in die kol! Alhoewel ek haar grootword besef, word haar optrede slim verweef met haar eie agenda. Terwyl hulle tweejaar oud is, kan hulle nog nie giftige geite bykry nie!
Maddison is maklik. Sy ignoreer jou bloot soos uitwerpsel as sy nie van jou hou nie. Dit bly ’n skaamsaak as ek haar moet teregwys om te groet, en sy brutaal antwoord: Ek wil nie Pa” en aanloop! So? Is jy al ingestem op jou kind se intuïsie?

 
 
 
Sodra ’n seun die drumpel na manwees betree, kom die wonderwêreld van die vroulike liggaam in sig. Skielik word jou beste vriendin, of dalk die buurdogter, vir wie jy nooit eens ráákgesien het nie, jou totale fokus! En waarom, weet jy nie. Vroulike boesems en boudjies is skielik al wat jy sien! En wanneer jy uiteindelik ’n vrou vind wat jou toelaat om haar naak te sien, neem die wonder en asembenemende skoonheid van die vroulike figuur jou verdwaasd en vir ewig gevange!

Helaas, totdat die baba jou alleenreg dusver, betree. Ek onthou hoedat ek Hannah se mamma se buik tydens geboorte gestreel het, terwyl ek afwaarts trag, en toe Hannah se klein koppie begin deurdruk, toe eers, op daardie einste oomblik, het die realiteit van geboorte ingeskop.Skielik het die heilige poort der heiligstes, die tempel van Venus en haar tweeling pieke, nuwe dimensie verkry. En toe ek my dogter hier by die poort der heiligstes sien arriveer, het sy onmiddellik haar paadjie na die wonderpieke gevind en skynbaar kamp opgeslaan vir die volgende paar maande.

Die ding is dat ’n mansmens nie ten volle besef wat gebeur nie. ’n Mens het net ’n aaklige besef dat alles in die prentjie nie pluis is nie. Dis ’n seën dat die natuur sorg dat die mamma nie vir ‘n tydperk na die bevalling intiem sal verkeer nie. Dis gedurende hierdie tyd dat ek ten volle die omvang van my diep liefde vir my kinders besef het. Tog het ek geworstel met ’n wrok dat hulle die erotiese skoonheid van die vroulike liggaam, en veral die méés erotiese dele, herskep het in blote funksionele bronne van kos en geboorte.

Eindelik raak die manlike smagting om verlore gebied te herbeset en die warmte van die menslike liggaam te herontdek te groot, en jy besluit om versigtig die stil water van die kuil te besoek ... . My raad is om dit die eerste paar keer in die donker te doen. Dit het werklik niks met mamma te make nie. Sy was steeds so mooi en beeldskoon as voor die geboorte. Dis ’n sielkundige ding by ons manne, iets wat ons moet konfronteer.
Wel so was dit altans vir my. Daar, in die donker, het ek Eros se towerkrag herontdek … vat, voel en verken weer die wonder van die beeldskone, sensuele vroulike wese.

Tipies van manwees, sal jy dit natuurlik net een maal in die donker hoef te doen. Daarna is die sielkundige glasgrens vir altyd versplinter en soos alle goeie mans, kan jy dolgelukkig die verhoudig met mamma hervat, asof niks ooit gebeur het nie! Ja-nee, ons manne is voorwaar ongekompliseerde wesens. Net sommige word verwoes en verinneweer deur die enkele emosionele hik op die hoofweg! Vir my was dit so. Ek wonder net … is ek die enigste?


 


 
 
Pasop vir die "Yummy Mummy"


Ek en Hannah het die gewoonte wat al ontstaan het sedert sy oud genoeg was om in haar karstoeltjie te pas: ons gesels een strook deur terwyl ek bestuur. En soms word ons gesprekke onderbreek deur tipiese enkellopende pappa-opmerkings soos “beweeg jou stadige agterstewe uit die pad jou moroon,” of “sjoe wat ’n Yummy Mummy”. Ek weet dis bejammerenswaardig, maar enkel pa’s kry nie veel tyd of het nie baie energie vir troetelafsprake nie. Dus leer jy om soetgoed-vir-die-oog te waardeer wanneer dit jou kant toe kom. In my geval, is dit gewoonlik wanneer ek die kinders by voorskool oplaai.

Onlangs het ek Hannah eers by die skool gaan haal, en toe is ons regoor die stad om Maddi by voorskool te kry. Beide Hannah en Maddi is nou reeds baie bekend met die term “nanna-mamma”, en terwyl Hannah op ouderdom 8, die volle betekenis verstaan asook die toon van my gebruik, is Maddison die ene onskuld in haar gebruik van die term. Iets wat my onbeskaamd laat bloos het, en my gawe vir woorde die dag heeltemal laat verdwyn het, is dat sy ’n spesifieke "Yummy Mummy" gekies het om my mee te embarrasseer. Daar is ’n jong ma by Maddi se voorskool, wat letterlik veroorsaak dat al die pa’s ophou met dit waarmee hul besig is wanneer hul smiddags of soggens arriveer, doodstil laat bly staan terwyl sy in die omtrek is, en ons almal ’n gelyktydige hmmmm laat sug wanneer sy vertrek. Die rede vir hierdie uitwerking wat sy op ons almal het, is die pragtige manier waarop haar postuur die gelukkige paar jeans of rok wat sy aanhet, vul. Op die dag ter sprake, was ek per toeval agter haar oppad deur die sekuriteitshekke by die voorskool met Maddi op een arm en haar sak op die ander. “Kyk pappa,” sê Maddi, met al die oorgawe van ‘n wyse tweejarige, “dis die Yummy Mummy”. Ietwat ingedagte oor die einste Yummy Mummy se sensuele heupswaai sê ek “Wat’s dit liefie?” Op dié stadium het nanna-mamma ook omgedraai, om te kyk wat presies ’n Yummy Mummy is. “Hier pappa, die Yummy Mummy,” afgerond met ’n verwytende wysvinger en al, wat direk na juffrou mooi gesiggie toe wys.


‘n Onmiddellike droë mond is my beskore, my koors styg tot iewers tussen deksels-dis-warm-hierbinne of het ek sopas afgedaal tot in die duiwel se omhelsing. Maddi het gegiggel, duidelik bewus van my verleë glimlag. "Yummy Mummy", seën haar hart, het net begrypend geglimlag en die hele affêre in ’n oogwink laat wegsypel. Die les wat geleer is, en wat deur alle enkel pa’s onthou moet word, is dat kinders rêrig die onmoontlikste dinge kwytraak op die mees ongeleë tye.