Ek en Hannah het die gewoonte wat al ontstaan het sedert sy oud genoeg was om in haar karstoeltjie te pas: ons gesels een strook deur terwyl ek bestuur. En soms word ons gesprekke onderbreek deur tipiese enkellopende pappa-opmerkings soos “beweeg jou stadige agterstewe uit die pad jou moroon,” of “sjoe wat ’n Yummy Mummy”. Ek weet dis bejammerenswaardig, maar enkel pa’s kry nie veel tyd of het nie baie energie vir troetelafsprake nie. Dus leer jy om soetgoed-vir-die-oog te waardeer wanneer dit jou kant toe kom. In my geval, is dit gewoonlik wanneer ek die kinders by voorskool oplaai.
Onlangs het ek Hannah eers by die skool gaan haal, en toe is ons regoor die stad om Maddi by voorskool te kry. Beide Hannah en Maddi is nou reeds baie bekend met die term “nanna-mamma”, en terwyl Hannah op ouderdom 8, die volle betekenis verstaan asook die toon van my gebruik, is Maddison die ene onskuld in haar gebruik van die term. Iets wat my onbeskaamd laat bloos het, en my gawe vir woorde die dag heeltemal laat verdwyn het, is dat sy ’n spesifieke "Yummy Mummy" gekies het om my mee te embarrasseer. Daar is ’n jong ma by Maddi se voorskool, wat letterlik veroorsaak dat al die pa’s ophou met dit waarmee hul besig is wanneer hul smiddags of soggens arriveer, doodstil laat bly staan terwyl sy in die omtrek is, en ons almal ’n gelyktydige hmmmm laat sug wanneer sy vertrek. Die rede vir hierdie uitwerking wat sy op ons almal het, is die pragtige manier waarop haar postuur die gelukkige paar jeans of rok wat sy aanhet, vul. Op die dag ter sprake, was ek per toeval agter haar oppad deur die sekuriteitshekke by die voorskool met Maddi op een arm en haar sak op die ander. “Kyk pappa,” sê Maddi, met al die oorgawe van ‘n wyse tweejarige, “dis die Yummy Mummy”. Ietwat ingedagte oor die einste Yummy Mummy se sensuele heupswaai sê ek “Wat’s dit liefie?” Op dié stadium het nanna-mamma ook omgedraai, om te kyk wat presies ’n Yummy Mummy is. “Hier pappa, die Yummy Mummy,” afgerond met ’n verwytende wysvinger en al, wat direk na juffrou mooi gesiggie toe wys.
‘n Onmiddellike droë mond is my beskore, my koors styg tot iewers tussen deksels-dis-warm-hierbinne of het ek sopas afgedaal tot in die duiwel se omhelsing. Maddi het gegiggel, duidelik bewus van my verleë glimlag. "Yummy Mummy", seën haar hart, het net begrypend geglimlag en die hele affêre in ’n oogwink laat wegsypel. Die les wat geleer is, en wat deur alle enkel pa’s onthou moet word, is dat kinders rêrig die onmoontlikste dinge kwytraak op die mees ongeleë tye.
Comments
Yolandi
09/15/2009 07:26
Knap gedaan meneer. Ek het jou rubrieke geniet op parent24, maar dis stukke beter in my taal. Dankie
Reply
Pieter de Wet
09/17/2009 00:17
Fantasties en baie snaaks. Ek sien uit na nog. Dankie
Reply
Johan
09/17/2009 00:18
Hahahahahah Ek het my gat af gelag. Jy't my dag gemaak! Hou so aan.
Reply
Oom Robin
09/17/2009 09:05
Ek het lanklaas so 'n lieflike Afrikaanse rubriek gelees. Ek het dit terdee geniet. My taal is vir my besonders belangrik. En hierdie skryfstuk deur Marlon is uit die boonste gestoeltes. Dit bring 'n warme gevoel na my hart. Of soos die Engelse mense dit sal stel... "It warms the cockles of my heart." Wragtig waar. Ek sien uit na die volgende rubriek Marlon. Tot weersiens.
Reply
MORNE
09/23/2009 03:11
yes yes dit n goeie een wanneer kom jou volgende een ..............
Reply
Singlepapa
09/23/2009 03:20
Maak weer 'n draa so teen die einde van volgende week.... Dankie vir die ondersteuning.
Reply
Leave a Reply
Marlon Abrahams is 'n skrywer van kinderboeke, 'n gewilde rubriekskrywer by parent24.com en 'n gelukkige enkel pa.